criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

1. WANNEER MOET EK 'N STRAFREG PROKUREUR RAADPLEEG?

Dit is raadsaam om n prokureur te spreek:

  • sodra u van 'n misdaad aangekla of selfs beskuldig word;
  • wanneer u versoek word om deur die SAPD ondervra te word;
  • wanneer u van mening is dat lede van die SAPD onwettig opgetree het.

Alhoewel dit enige persoon vry staan om homself in straf verrigtinge te verdedig, word die opsie nie aanbeveel nie.

In die geval waar u van n misdaad aangekla is kan 'n prokureur:

  • stappe neem om u vrylating vanuit aanhouding te bewerkstellig;
  • met die owerhede onderhandel om klagtes teen u te laat vaar of te verminder;
  • inligting versamel om sodoende u saak te versterk en moontlike swak punte in die Staat se saak aan die lig te bring;
  • 'n privaat speurder of 'n deskundige opdrag gee om u saak te ondersoek;
  • verseker dat geen getuienis teen u op n onwettige wyse bekom is nie.;
  • 'n identiteitsparade bywoon om die regverdigheid daarvan te verseker;
  • u verteenwoordig by u verhoor;
  • verseker dat u die ligste moontlike straf opgelê word.

VERSKIL STRAFREG PROKUREURS VAN GEWONE PROKUREURS?

Nee. Dit is wel waar dat byna twee derdes van Suid-Afrikaanse regsfirmas nie strafreg-sake onderneem nie.

Volgens die Suid-Afrikaanse Wetsgenootskap se "National Survey of the Attorney's Profession" beoefen slegs 35,6% van firmas strafreg.

Volgens Wikipedia ervaar die meeste prokureurs die strafhowe as 'n intimiderende plek. Strafreg prokureurs is dus 'n unieke spul!

 

Terug na vrae