criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

2. WAT STAAN MY TE DOEN AS EK IN HEGTENIS GENEEM IS?

Enige persoon wat in hegtenis geneem is het die reg om stil te bly en nie homself by 'n misdaad te impliseer nie. Dit word in meeste gevalle nie aanbeveel om verklarings van enige aard aan die SAPD te maak nie. Indien so verklaring misverstande uit die weg kan ruim of u onskuld kan aantoon, kan 'n prokureur namens u vertoë rig.

Na inhegtenisname behoort 'n dokument aan u oorhandig te word wat u regte aan u verduidelik. U kan gerus hierdie dokument onderteken, maar u word nie aangeraai om enige ander dokumente te onderteken nie.

Na in hegtenis name is die SAPS by magte om die volgende te doen:

  • u hand-, palm- en voetafdrukke neem;
  • 'n identiteitsparade te hou (u moet altyd daarop aandring om u prokureur teenwoordig te hê;
  • ondersoek instel om te bepaal of u liggaam enige merke of ander uitkenbare eienskappe het;
  • 'n foto van u neem;
  • u na 'n geneesheer neem sodat u bloed getrek kan word.

Terug na vrae