4. SAL 'N PROKUREUR HOM OF HAAR OP BORGTOG VRYGELAAT KRY NA WERKSURE OF OP NAWEKE EN VAKANSIEDAE?
In gevalle waar iemand aangekla word van misdade soos hieronder gelys, kan 'n prokureur met die die ondersoekbeampte reël dat die persoon voor die eerste hofverskyning op borgtog vrygelaat word.
Die SAPS kan borg vasstel vir die volgende misdade:
- Aanranding;
- Diefstal, waar waarde van die gesteelde goedere onder R2 500 beloop;
- Crimen iniuria (strafbare laster);
- Besit van 'n klein hoeveelheid dagga;
- Dronkbestuur;
- Roekelose of Nalatige bestuur.
Die SAPS benodig toestemming vanaf 'n Staatsaanklaer om borg vas te stel vir die volgende misdade:
- Publieke geweld;
- Strafbare manslag;
- Bestialiteit;
- Aanranding met die opset om ernstig te beseer;
- Brandstigting;
- Huisbraak;
- Opsetlike saakbeskadiging;
- Roof sonder die gebruik van 'n wapen, mits die waarde van die buit onder R20 000 beloop;
- Diefstal van goeder wat se waarde minder as R20 000 beloop;
- Besit van onwettige dwelmmiddels;
- Bedrog, vervalsing of afpersing waar die betrokke bedrag minder as R20 000 beloop;
Waar iemand aangekla is van die volgende misdade, kan slegs 'n hof borg vasstel, en slegs gedurende gewone hoftyd:
- Moord;
- Verkragting;
- Misdade van seksuele aard, gepleeg teenoor 'n kind of verstandelik gestremde persoon;
- Handel Dryf in mense vir seksuele doeleindes;
- Gewapende Roof;
- Diefstal,
- Ontvangs van Gesteelde Goedere,
- Roof,
- Bedrog of Vervalsing waar die betrokke bedrag meer as R20 00 beloop;
- Onwettige Besit of Handel Dryf in Edelmetale of -stene;
- Ontvoering; Menseroof;
- Intimidasie.
