criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

5. WAT GEMAAK AS EK NIE 'N PROKUREUR KAN BEKOSTIG NIE?

Dit staan enige person vry om sy eie verdediging te behartig, maar dit word nie aangeraai nie. 'n Leuk is nie vertroud met die strafprosesreg nie. Hy sal byvoorbeeld nie weet hoe om die Staat se getuies te kruis-ondervra, of teen ontoelaatbare getuienis beswaar te maak, of sy eie getuienis effektief aan te bied nie.

Diegene wat nie die dienste van 'n prokureur kan bekostig nie kan gerus die Regshulp Raad nader om hulp. In meeste strafhowe is daar n Regshulp beampte wat 'n die aansoek kan afneem. Waar daar nie Regshulp kantore op kleiner dorpe is nie, sal daar 'n privaat praktisyn aangestel word om die saak te behartig, teen geen koste aan die beskuldigde nie.

Die Regshulpraad verleen slegs hulp aan diegene wat onder 'n sekere bedrag per maand verdien, asook persone wat in hegtenis is. Die persoon wat om hulp aansoek doen sal die "middele-toets" moet voltooi deur sy of haar inkomste en bates te verklaar. Indien die aansoek nie slaag nie, kan die aansoeker appèl aanteken deur redes te verskaf hoekom die weiering van regshulp sal lei tot 'n wesenlike onreg teenoor die aansoeker.

Die Regshulp Raad doen nie na-uurse borgaansoeke. Vir daardie doel sal 'n private prokureur aangestel moet word.

Vir meer inligting rondom die dienste van die Regshulpraad kan u die Legal Aid Guide raadpleeg.

Bo en behalwe die reg op Regsverteenwoordiging, het elke beskuldigde die volgende regte:

  • Die reg op 'n Spoedige, Publieke en Regverdige Verhoor;
  • Die Reg om onskuldig geag te word tot skuld bo redelike twyfel bewys is;
  • Die Reg teen Self-inkriminasie;
  • Die Reg om getuies te konfronteer en te kruis-ondervra;
  • Die Reg om Getuienis aan te bied en getuies te roep.

Terug na vrae