criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

9. MAG DIE POLISIE MY, MY HUIS OF MY KAR SONDER 'N LASBRIEF OF MY TOESTEMMING DEURSOEK?

Elke persoon se reg tot privaatheid word deur die Grondwet beskerm. Dit is wel nie 'n absolute reg nie en kan in sekere omstandighede beperk word.

As 'n algemene reël mag 'n persoon (dit sluit sy huis of voertuig in) slegs deursoek word indien daar 'n deursoekingslasbrief uitgereik is. So 'n lasbrief kan slegs deur 'n vrederegter (soos 'n landdros) uitgereik word indien daar goeie gronde is om te vermoed dat daar onwettige items op die perseel is.

'n Persoon of perseel mag slegs deursoek word sonder 'n lasbrief, indien daar in spesifieke omstandighede objektief geglo word dat 'n lasbrief bekom sal word, maar dat daar nie tyd is om een te bekom nie.

'n Vrou mag slegs deur 'n vroulike polisiebeampte of 'n vroulike lid van die publiek deursoek word.

Terug na vrae