criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

10. INDIEN 'N LASBRIEF DIE POLISIE MAGTIG OM MY HUIS TE DEURSOEK, KAN HUL OOK ELDERS DEURSOEK?

Nee. Omdat die deursoeking van 'n persoon se eiendom inbreuk maak op sy privaatheid, mag die polisie slegs die deursoeking uitvoer op die wyse wat deur die lasbrief gemagtig is.

Vir 'n lasbrief om geldig te wees, moet die volgende besonderhede daarop verskyn:

1. Wie die lasbrief mag uitvoer;

2. Wat en waar deursoek mag word;

3. Watter artikels op beslag gelê mag word.

Die geldigheid van 'n deursoekingslasbrief moet noukeurig ondersoek word, inaggenome die hoë waarde wat aan 'n persoon se privaatheid toegeskryf word. Die terme van die lasbrief word dus streng geïnterpreteer en moet daar slegs aan die uitdruklike bepalings gehoor gegee word.

Die beampte wat die lasbrief uitvoer, moet na die uitvoering en op versoek 'n afskrif van die lasbrief oorhandig.

Indien 'n persoon aangekla word van 'n misdaad en die staat bewysmateriaal wil gebruik wat bekom is deur 'n onwettige deursoeking of gebrekkige lasbrief, mag die hof die getuie nog steeds toelaat indien dit in belang van geregtigheid is. Gewoonlik sal getuienis nie uitgesluit word bloot as gevolg van 'n formele gebrek aan 'n lasbrief nie.

Dit is belangrik om kennis te neem dat 'n lasbrief slegs uitgevoer mag word gedurende die dag, behalwe as uitvoering in die aand uitdruklik gemagtig word.

Toich v The Magistrate, Riversdale & others 2007 (2) SACR 235 (C)

Terug na vrae