criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

12. MAG DIE POLISIE MY IN HEGTENIS NEEM SONDER 'N LASBRIEF?

Enige inhegtenisname is 'n ernstige inbreukmaking op die individu se vryheid van beweging asook sy privaatheid en menswaardigheid. Omdat 'n beskuldigde persoon voor skuldigbevinding as onskuldig geag word, moet hy slegs in hegtenis geneem word waar 'n dagvaarding oneffektief sal wees. Dit is in belang van geregtigheid dat verdagtes sovêr moontlik teen onregmatige inhegtenisname beskerm word en terselfdertyd nie die ondersoek en bekamping van misdaad belemmer nie.

As 'n reël mag inhegtenisname slegs uitgevoer word met 'n lasbrief.

Hier onder volg 'n lys van sommige uitsonderings op hierdie reël.

1. Waar 'n misdaad gepleeg of gepoog word in die teenwoordigheid van 'n polisiebeampte;

2. Waar 'n polisiebeampte 'n redelike vermoede het dat 'n persoon een van 'n lys ernstige misdade gepleeg het. Hierdie misdade sluit moord, roof, verkragting, huisbraak en brandstigting in;

3. Enige persoon wat met opset die polisie in uitvoering van hulle pligte belemmer;

4. Waar die polisiebeampte oortuig is daarvan dat 'n persoon ontsnap het uit regmatige aanhouding;

5. Waar 'n persoon betrap word in besit van eiendom wat vermoedelik gesteel is.

Waar 'n persoon in hegtenis geneem is op 'n onregmatige wyse, mag hy hom teësit of vlug. So 'n onregmatige inhegtenisneming kan waarskynlik aanleiding gee tot 'n skadevergoedingseis teen die staat.

S v More 1993 (2) SACR 606 (W) 608

Art 40 van die SPW

Terug na vrae