13. WAAR DIE POLISIE NIE MY REGTE AAN MY VOORGELEES HET NIE, KAN MY SAAK UITGEGOOI WORD?
Waar 'n persoon se regte nie aan hom voorgehou word nie, sal hy nie outomaties onskuldig bevind word nie. Slegs in omstandighede waar die beskuldigde onbewus van sy regte was en dit veroorsaak het dat sy verhoor onregverdig was, of die regspleging negatief beïnvloed, sal hy onskuldig bevind word.
Die volgende dien as voorbeelde van waar 'n verhoor onregverdig bevind is;
1. Waar 'n beskuldigde onbewus was van sy reg tot stilswye en sy reg om hom nie by die pleging van 'n misdaad te impliseer nie, het hy sekere gesteelde items aan die polisie gaan uitwys. In die geval was hy onskuldig bevind op grond van sy reg om nie homself by misdaad te impliseer nie.
2. Waar 'n beskuldigde nie in kennis gestel is van sy reg tot regsverteenwoordiging nie, het hy homself verdedig en is skuldig bevind. Op appel is hy onskuldig bevind.
