criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

14. WAT IS MENS REA EN HOEKOM IS BELANGRIK?

In die strafreg, is mens rea - die Latynse term vir die "skuldige gemoed" - een van die elemente van die misdaad wat die staat moet bewys vir 'n skuldigbevinding. Die begrip word somtyds beskryf as "skuld." Die staat moet, onder andere, bewys dat die beskuldigde die misdaad gepleeg het met een of ander vorm van skuld. Waar 'n persoon nie 'n skuldige gemoed gehad het nie, is hy oor die algemeen nie strafregtelik aanspreeklik nie.

Daar is twee verskillende tipes mens rea:

1. Opset (dolus):

die element van skuld word voldoende bewys indien die staat kan aantoon dat die beskuldigde opsetlik opgetree het. Dit is onbelangrik of dit sy direkte bedoeling was. Selfs indien sy bedoeling was om iets anders tedoen, maar voorsien het dat die onwettige gevolg kon plaasvind, het hy dandie nodige opset gehad.

2. Nalatigheid (culpa):

wanneer 'n persoon se optrede nie voldoen aan die van die redelike persoon in die omstandighede nie, was hy nalatig.

Die toets kan as volg opgesom word:

  • Sou die redelike persoon in dieselfde omstandighede die onregmatige gevolg voorsien?
  • Sou die redelike persoon stappe neem om daardie gevolg te verhoed?
  • Het die beskuldigde versuim om daardie stappe te neem?

Indien al drie bogenoemde vrae met ja beantwoord kan word, was die beskuldigde nalatig. Die spesifieke misdaad bepaal watter een van hierdie (opset of nalatigheid) bewys moet word. Moord is 'n voorbeeld van waar opset bewys moet word, waar strafbare manslag slegs nalatigheid vereis. Kom ons neem as voorbeeld 'n scenario waar 'n motorbestuurder bots met 'n voetganger en hom sodoende dood.

Indien die hof bevind dat die motorbestuurder opsetlik die voetganger gedood het, sal hy skuldig bevind word aan moord. Aan die ander kant, waar 'n hof bevind dat die motorbestuurder nalatig was deur nie genoeg na die pad op te let nie, en dat die redelike persoon die ongeluk kon vermy, sal hy slegs skuldig bevind word aan strafbare manslag.

Die vonnis vir strafbare manslag sal aansienlik ligter wees as diƩ vir moord.

Terug na vrae