15. MOORD EN STRAFBARE MANSLAG: WAT IS DIE VERSKIL?
'n Persoon is aan moord skuldig waar hy onregmatig en opsetlik die dood van 'n ander veroorsaak. Waar 'n ander persoon se dood onregmatig veroorsaak is deur iemand wat nalatig opgetree het, is hy aan strafbare manslag skuldig. Sien die antwoord hierbo wat betrekking het op mens rea as 'n voorbeeld.
