17. HOE LANK NA INHEGTENISNAME MOET 'N PERSOON VOOR DIE HOF GEBRING WORD?
Enige persoon wat in hegtenis geneem is moet so gou moontlik na 'n polisiestasie geneem word, asook ingelig word van sy reg om vir borg aansoek te doen.
Die persoon moet binne 48 uur na sy inhegtenisname voor 'n hof gebring word. Indien die 48 uur tydperk verstryk buite gewone hoftyd, moet die persoon verskyn op die eerste volgende hofdag.
Net omdat 'n persoon aangehou mag word vir 48 uur, beteken nie dat die polisie hom so lank moet aanhou nie. Die persoon is binne sy regte om self sy eerste verskyning te reël om sodoende n borgaansoek te loods. Die polisie, as deel van die Staat, het 'n plig om die persoon behulpsaam te wees om sy verskyning so gou moontlik te laat plaasvind.
