criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

18. WAT IS DIE VERSKILLENDE KATEGORIEë VAN MISDAAD?

Daar is twee maniere om misdaad te kategoriseer:

1. Misdaad se oorsprong

  • Misdade kan deur wette van Parlement geskep word (ook statute genoem). 'n Voorbeeld van so 'n misdaad is dronkbestuur, wat amptelik bekend staan as "oortreding van Artikel 65 (1) (saamgelees met Artikel 89 (1)) van die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996."
  • Misdade kan hul oorsprong ook in die Gemenereg hê. Die Gemenereg is die deel van ons regstelsel wat sy oorsprong gehad het in Holland en wat deur die jare deur ons howe ontwikkel en uitgebou is. Moord is 'n voorbeeld van 'n Gemeenregtelike misdaad. Daar is geen wet of statuut wat die misdaad van moord daarstel nie.

2. Die aard van die misdaad

  • Sommige misdade het 'n element van geweld: moord, roof, aanranding en verkragting.
  • Misdade met 'n element van oneerlikheid: diefstal, roof, bedrog en vervalsing.
  • Misdade met 'n seksuele aard: verkragting, statutêre verkragting en onsedelike aanranding.
  • Verkeersoortredings: dronkbestuur, spoedoortredings of parkeeroortredings.

Terug na vrae