20. EK HET 'N KRIMINELE REKORD. KAN MY PROKUREUR DIT LAAT UITWIS?
Vanaf 6 Mei 2009 kan enige persoon die Direkteur-Generaal van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling skriftelik versoek om sekere inskrywings op sy kriminele rekord te verwyder. Die versoek kan eers gerig word indien 10 jaar verstryk het sedert die spesifieke skuldigbevinding, mits die persoon nie intussen gevonnis tot tronkstraf sonder die keuse van 'n boete is nie.
Die volgende vonnisse kan uitgewis word:
- 'n Uitgestelde vonnis; Waar die persoon gewaarsku en ontslaan is;
- 'n Vonnis van 'n boete van minder as R20 000;
- Lyfstraf;
- Tronkstraf met die keuse van 'n boete van minder as R20 000;
- Enige tronkstraf wat in die geheel opgeskort is;
- Korrektiewe toesig ingevolge Artikel 276 (1) (H) of (I); of
- Periodieke gevangenis ingevolge Artikel 276 (1) (C).
Let wel dat persone wie se naam in die Nasionale Register van Seksuele Oortreders of die Nasionale Kinderbeskerming register aangeteken is, nie hulle name uit die genoemde registers kan laat verwyser nie.
Alle misdade wat verband hou met Apartheidswetgewing wat spesifiek met rasse-aangeleenthede verband hou, word outomaties van 'n persoon se rekord uitgewis. Terug na vrae
