criminallawyers.co.za Criminal Lawyers Lees in Afrikaans Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa Read in English

26. WAT IS DIE VERSKILLENDE TIPES VONNISSE WAT 'N HOF KAN OPLê?

Die meeste vonnisse word vervat in artikel 276 van die Strafproseswet. 'n Hof is by magte om enige een, of 'n kombinasie van die volgende vonnisse, met 'n gedeelte of die hele vonnis opgeskort, op te lê:

Gevangenisstraf

Hierdie is die mees bekende vorm van straf. 'n Distrikhof kan tot en met 3 jaar gevangenisstraf oplê, behalwe waar 'n sekere wet 'n ander bepaling bevat. Die Wet op Dwelmmiddels verleen aan 'n Distrikhof die jurisdiksie om 25 jaar gevangenisstraf op te lê. 'n Streek- of hooggeregshof kan 'n beskuldigde tot lewenslange gevangenisstraf vonnis.

'n Hof kan oor die algemeen enige termyn van gevangenisstraf (tot op die maksimum vir die hof voorgeskryf) oplê. Die wye diskresie is gewysig deur die Criminal Law Amendment Act. Die wet bepaal dat elke hof 'n beskuldigde tot 'n voorgeskrewe minimum moet vonnis, behalwe as daar wesenlik en dwingende omstandighede teenwoordig is om afwyking daarvan te regverdig.

Voorbeelde:

Lewenslange Gevangenisstraf Moord met Voorbedagte Rade;

Moord op 'n polisiebeampte;

Verkragting, waar ernstige wonde toegedien is;

Verkragting op 'n persoon jonger as 16;

Verkragting deur 'n persoon wat daarvan bewus is dat hy HIV/VIGS het;

Verkragting deur meer as een persoon.

Ten Minste 15 Jaar Moord

  • Roof met die Gebruik van 'n Wapen;
  • Motorkaping;
  • Onwettige besit van 'n Semi-Astomatiese Vuurwapen;
  • Diefstal,
  • Bedrog of Vervalsing van goedere ter waarde van R500 000.

Ten Minste 5 Jaar

  • Huisbraak terwyl in Besit van 'n Vuurwapen;
  • Aanranding met die Gebruik van 'n Vuurwapen.

'n Gevangene mag voor sy termyn verstryk aansoek doen om op parool vrygelaat word deur die Korrektiewe Toesig en Paroolraad. Parool word eers oorweeg na ten minste die helfte van die vonnis uitgedien is, maar eers na 25 jaar van 'n lewenslange vonnis.

Boetes

Die Strafproseswet bemagtig die Hof om 'n boete op te lê. 'n distrik hof kan slegs boetes van tot en met R60 000 oplê, waar 'n streekhof beperk is tot R300 000. Die hooggeregshof het geen beperking nie.

Korrektiewe Toesig

Korrektiewe toesig is 'n straf wat die gevonnisde in die gemeenskap kan uitdien. Hierdie tipe vonnis is gereeld gekoppel aan voorwaardes soos huisarres en die verrig van gemeenskapsdiens, sowel as die voltooiing van programme.

Periodieke Gevangenisstraf

Hierdie tipe vonnis kan opgelê word vir tussen 100 en 2 000 ure. Dit behels gewoonlik dat die gevonnisde moet aanmeld by die gevangenis teen Vrydagaand en dan weer vrygelaat word teen Maandagoggend.

Ander

Die hof kan behalwe die bogenoemde opsies ook die volgende bevele maak:

  • Bestuurslisensies - Wanneer 'n persoon aan Dronkbestuur skuldig bevind word kan sy lisensie vir sekere tydperke opgeskort word.
  • Vuurwapenlisensies - Waar iemand van 'n misdaad met oneerlike of gewelddadige aard skuldig bevind word kan hy onbevoeg om 'n vuurwapenlisensie te besit verklaar word.
  • Verbeuringsbevel - Waar daar bevind is dat 'n Misdadiger finansieel voordeel uit misdaad getrek het, of dat sekere eiendom 'n gebruik is om die misdaad te pleeg, kan die geld of eiendom aand die Staat verbeurd verklaar word.
  • Gewoontemisdadiger - Waar die hof van mening is dat 'n misdadiger misdaad pleeg as 'n gewoonte, kan die hof hom as Gewoontemisdadiger verklaar. Die effek van die bevel is dat die misdadiger vir enige volgende misdaad moet 15 jaar gevangenisstraf opgelê word, en dan eers vir parool mag aansoek doen na 7 jaar.
  • Terug na vrae